Free

‘n Soeke van Helde

Text
From the series: Die Towenaar Se Sirkel #1
Mark as finished
Font:Smaller АаLarger Aa

HOOFSTUK SEWE

Gareth haas oor Konings Hof, uitgevat in sy koninklike beste, baan sy weg deur die massas wat instroom van alle rigtings vir sy suster se troue, en hy is woedend. Hy is nog duiselig na sy ontmoeting met sy pa. Hoe was dit moontlik dat hy oorgesien was? Dat sy pa hom nie kon kies as koning nie? Dit maak nie sin nie, Hy was die eers gebore wettige seun. Dit was hoe dinge nog altyd gewerk het, Het nog altyd, vandat hy gebore was, aangeneem dat hy sou heers---hy het geen rede gehad om anders te dink nie.

Dit was ondenkbaar. Om hom oor te sien vir ‘n jonger een---boonop ‘n meisie. Waneer dit rugbaar word gaan hy die bespotting van die koninkryk wees. Terwyl hy loop, voel dit asem die lug uit hom geslaan is en hy nie weet hoe om sy asem terug te kry nie.

Hy strompel sy weg deur die massas oppad na sy suster se seremonie. Hy kyk om hom heen en sien die veelvuldige kleurvolle klede, die eindelose strome mense, al die verskillende mense van die veskeie provinsies. Hy haat dit om so na aan die gewone mense te wees. Dit was die een geleendheid waneer die armes met die rykes kon meng, die een keer wanneer die wreedaards van die Oostelike Koninkryk, vanuit die verste kant van die Hooglande, ook hier toegelaat was. Gareth kan steeds skaars glo dat sy suster met een van hulle gaan trou nie, Dit was slegs ‘n politieke oorweging van sy pa af, ‘n patetiese poging om vrede te maak tussen die twee koninkryke.

Vreemder selfs, lyk dit of sy suster van die kreatuur hou. Gareth kon hom self nie indink waarom nie. Soos hy haar ken was dit nie die man waarvan sy hou nie, maar die titel, die kans om Koningin te wees van haar eie provinsie. Sy sal kry wat sy verdien; hulle was almal wreedaards, die aan die ander kant van die Hooglande. In Gareth se siening, mis hulle sy ordentlikheid, sy verfyndheid, sy sofistikasie. Dit was nie sy probleem nie. As sy suster gelukkig was, laat sy trou. Dit was een minder van sy broers en susters om in die omtrek te hê wat in sy pad kan staan op sy weg na die troon. Die punt is, hoe verder sy weg is , hoe beter.

Nie dat dit meer sy probleem was nie. Na vandag, sal hy nooit koning wees nie. Nou is hy onderwerp om net nog ‘n anonieme prins te wees in sy pa se koningkryk. Nou het hy geen roete na krag nie, nou is hy gedoem vir ‘n minderwaardige bestaan.

Sy pa het hom onderskat---hy het nog altyd. Sy pa het homself as polities uitgeslape geag--- maar Gareth was meer geslepe en was nog altyd. Byvoorbeeld, om Luanda af te trou aan ‘n McCloud, het sy pa geag as ‘n politieke meesterstuk. Maar Garteh het verder gesien as dit, en kon die nagevolge beter oordeel, en kyk alreeds een stap verder. Hy weet waarheen dit sou lei. Uiteindelik sal die huwelik die McClouds nie gelukkig hou nie, maar hulle meer prikkel. Hulle was wreedaards, so hulle sal die vredesoffer nie sien as ‘n teken van krag nie, maar as ‘n swakheid. Hulle gaan nie bekommerd wees oor die band tussen die twee families nie, sodra sy suster weg is, was Gareth seker dat hulle ‘n aanval gaan beplan, Dit was alles ‘n slinksheid. Hy het sy pa probeer vertel, maar hy wou nie luister nie.

Nie dat enigiets hieromtrent meer tot sy kommer strek nie. Buitendien, nou was hy net nog ‘n prins, net nog ‘n speek in die koninkryk. Gareth voel hoe hy brand met die blote gedagte daaraan, en haat sy pa met ‘n diepe haat wat hy nie gedink het moontlik is nie. Soos hy indruk, skouer teen skouer met die menigtes, dink hy aan maniere om wraak te neem, maniere waarop hy steeds die koningskap kon kry. Hy gaan nie net stilsit nie, dit was verseker. Hy kon nie dat die koningskap na sy jonger suster gaan nie.

“Daar is jy,” kom ‘n stem.

Dit was Firth, wat langs hom stap, ‘n jolige glimlag op sy gesig wat sy perfekte tande ontbloot. Agtien, lank, maer, met ‘n hoë stem, gladde vel en rosige wange, was Firth sy huidige minnaar. Gewoontlik was Garteh bly om hom te sien, maar was nie nou in die bui vir hom nie.

“Ek dink jy probeer my al die heel dag vermy,” las Firth by en sit sy arm deur syne terwyl hulle stap.

Gareth skud dadelik sy arm af, en kyk rond of enigiemand gekyk het.

“Is jy onnosel?” trap Gareth hom uit. “Moet nooit weer met my arms sluit in die openbaar nie. Nooit.”

Firth kyk grond toe, rooi in die gesig. “Ek is jammer,” sê hy. “Ek het nie gedink nie.”

“Dis reg, jy het nie. Doen dit weer, en ek sal jou nooit weer sien nie,” baklei Gareth voort.

Firth word net rooier, en lyk regtig jammer. “Ek is jammer.” herhaal hy.

Gareth kyk weer rond, voel verseker dat niemand iets gesien het nie, en voel beter.

“Wat is die skinderstories van die massas?” vra Gareth, hy wil die onderwerp verander om sy donker gedagtes af te skud.

Firth flikker op en herwin sy glimlag.

“Almal wag in spanning. “hulle wag vir die aankondiging dat jy as opvolger benoem is.”

Gareth se gesig val. Firth kyk hom ondersoekend aan.

“Is jy nie?” vra Firth skepties.

Gareth word rooier in die gesig terwyl hulle aanstap, maar ontmoet nie Firth se oë nie.

“Nee.”

Firth snak na asem.

“Hy het my oorsien. Kan jy dit glo? Vir my suster. My jonger suster.”

Nou val Firth se gesig. Hy lyk stomgeslaan.

“Dit is onmoontlik,” së hy. “Jy is die eersgeborene. Sy is ‘n vrou. Dis nie moontlik nie,” herhaal hy.

Gareth kyk na hom, yskoud. “Ek lieg nie.”

Die twee stap vir ‘n ent in stilte, en terwyl dit al meer beknop raak, kyk Gareth rond, en begin besef waar hy is, en neem dit in. Konings Hof was absoluut gepak met mense---daar moes derduisende mense wees wat instroom van al die ingange. Almal skoffel hulle weg in die rigting van die buitensporige huweliks verhoog, rondom waar daar sekerlik ‘n duisend van die mooiste stoele was, met dik kussings oorgetrek met rooi fluweel en goue rame. ‘n Weermag van knegte loop op en met die gangetjies, wys sitplekke aan, en deel drankies uit.

Aan beide kante van die eindelose lang troupaadjie, wat bestrooi is met blomme, sit die twee families---die MacGils en McClouds---die skeidslein duidelik. Daar was honderde aan albei kante, elk uitgevat in hulle beste, die MacGils in die diep pers van hulle stam, en die McClouds in hulle gebrande-oranje. Volgens Gareth kon die twee stamme nie meer verskillend gelyk het nie: alhoewel hulle albei ewe ryklik uitgevat was, het hy die indruk gekry dat die McClouds net aangetrek was, ‘n voorgee. Onder hulle klere was hulle steeds wreedaards---hy kon dit op hulle gesigs uitdrukkings sien, op die manier waarop hulle beweeg het, mekaar geterg het, die manier van te hard lag. Daar was iets onder hulle uiterlike wat geen koninklike gewaad kon wegsteek nie. Hy haat dit om hulle binne hulle hekke te hê. Die hele troue is iets wat hy haat. Dit was weereens ‘n dwase besluit van sy pa af.

As Gareth koning was sou hy ‘n ander plan bewerkstellig het. Hy sou ook hierdie troue gerëel het. Maar hy sou gewag het tot laat in die aand, waneer die McClouds deurdrenk was in drank, die deure van die saal geblokkeer het, en hulle aan die brand gesteek het in ‘n groot vuur, hulle almal doodmaak met een slag.

“Wreedaards,” sê Firth, terwyl hy die ander kant van die trou paadjie bekyk. “Ek kan skaars glo dat jou pa hulle binne gelaat het.”

“Dit gaan interessante speletjies meebring na die tyd,” sê Gareth. “Hy nooi ons vyande binne ons hekke, dan reel hy vir troudag kompetisies. Is dit nie ‘n resep vir skermutseling nie?”

“Dink jy so?” vra Firth. “’n Geveg? Hier? Met al hierdie soldate? Op haar troudag?”

Gareth haal sy skouers op. Hy sal enigiets van die McClouds verwag.

“Die respek vir ‘n troudag beteken niks vir hulle nie.”

“Maar ons het derduisende soldate hier.”

“Hulle ook.”

Gareth draai om en sien die lang ry soldate---MacGils en McClouds---opgelyn aan albei kante van die hoekvestings. Hulle sou nie so baie soldate gebring het nie, dit weet hy, tensy hulle ‘n skermutseling verwag het nie. Ten spyte van die geleentheid, ten spyte van die mooi klere, ten spyte van die buitensporigheid van die omgewing, die eindelose feesmale, die somer sonstilstand in volle gang, die blomme—ten spyte van alles, hang daar steeds ‘n swaar spanning in die lug. Almal was gespanne---Gareth kon dit sien aan die manier waarop hulle skouers bondel, hulle elmboë uitgehou het. Hulle het mekaar nie vertrou nie.

Miskien is hy gelukkig vandag, dink Gareth, en een van hulle steek sy pa in die hart. Dan kan hy miskien steeds koning word.

“Ons kan seker nie bymekaar sit nie,” sê Firth, teleurstelling in sy stem, terwyl hulle aanstap na die sit area.

Gareth gee hom ‘n kyk vol minagting. “Hoe onnosel is jy?” spoeg hy na hom met gif in sy stem.

Hy is ernstig besig om te wonder of dit ‘n goeie idee was om hierdie stal kneg te kies as sy minnaar. As hy hom nie vining oor sy sopperigheid kry nie, sal hy hulle altwee in die verleentheid stel.

Firth kyk af in skaamte.

“Ek sal jou dan later sien, by die stalle. Nou laat jy weg wees,” sê hy, en stoot hom weg. Firth verdwyn in die skare in.

Skielik voel Gareth ‘n ysige greep op sy arm. Vir ‘n oomblik stop sy hart, terwyl hy wonder of hy uitgevind is; maar dan voel hy die lang naels, die dun vingers, dit sink in sy vel in, en hy weet dadelik dit is die greep van sy vrou. Helena.

“Moet my nie vandag in die verleentheid stel nie,” sy sis vir hom, haar stem gevul met haat.

Hy draai en bestudeer haar. Sy lyk beeldskoon, opgedollie, sy dra ‘n lang wit satyn tabberd, haar hare hoog gestapel met knippies, sy dra haar mooiste diamond halssnoer, en haar vel glad met die grimering. Gareth kan objektief erken dat sy beeldskoon was, so beeldskoon soos die dag dat hy met haar getrou het. Maar steeds voel hy glad nie aangetrokke tot haar nie. Dit was ook een van sy pa se idees---om hom uit sy natuur te kry deur te trou. Maar al wat dit vir hom beteken het was ‘n vootduerende suur lewensmaat--- en meer bespiegelinge in die hof oor sy seksuele neigings.

 

“Dit is jou suster se troudag,”vertel sy hom terreg.”Jy kan voorgee dat ons ‘n paartjie is---vir een keer.”

Sy sluit haar arm deur syne en loop saam na die bespreekde area wat afgebaken is met fluweel. Twee koninklike wagte laat hulle deur en hulle meng met die res van die koninklikes aan die kant van die paadjie.

‘n Tompet word geblaas, en stadigaan word die skare stil. Daarna kom die rustige musiek van ‘n klavesimbel, nog blomme word op die paaidjie gestrooi, en die koninklike prosessie begin af loop, die paartjies ingearm met mekaar. Helena pluk aan Gareth en hy marsjeer saam met haar in die paadjie af.

Gareth voel meer opvallend, meer ongemaklik as ooit, hy weet nie hoe om voor te gee dat sy liefde opreg was nie. Hy voel die honderde oë op hom, en hy kan nie anders as om te voel dat hulle was almal besig om hom te evalueer nie, selfs al het hy geweet hulle doen dit nie. Die paadjie kon nie kort genoeg wees nie; hy kon nie wag om die einde te bereik nie, om naby sy suster by die altar te staan nie, en dit agter diie rug kry nie. Hy kon ook nie ophou dink aan die ontmoeting met sy pa nie, en hy wonder of die mense alreeds van die nuus bewus was.

“Ek het slegte nuus ontvang vandag,” fluister hy vir Helena waneer hulle uiteindelik die altaar bereik, en die oë van hom af weg was.

“Dink jy ek weet dit nie alreeds nie,” kom haar kortaf antwoord.

Hy draai en kyk na haar, verras.

Sy kyk terug vol veragting. “Ek het my spioene,” sê sy.

Sy oë vernou, hy wil haar seermaak. Hoe kon so so ongeërg wees?

“As ek nie koning is nie, dan sal jy nooit koningin wees nie.” sê hy.

“Ek het nooit verwag om koningin te wees nie.” antwoord sy.

Dit verbaas hom selfs meer.

“Ek het nooit van hom verwag om jou te kies nie,” gaan sy voort. “Waarom sou hy? Jy is nie ‘n leier nie. Jy is ‘n minnaar. Maar nie my minnaar nie,”

Gareth voel hoe hy rooi word.

“Jy is ook nie myne nie,” sê hy vir haar.

Dit was haar beurt om rooi te word. Sy was nie die enigste een om ‘n geheime minnaar te hê nie. Gareth het spioene van sy eie wat hom vertel van haar eskapades. Hy het haar daarmee laat wegkom daarmee tot dusver---so lank as wat sy dit stil hou, en hom uitlos.

“Dit is nie asof jy my ‘n keuse gee nie,” antwoord sy. :Verwag jy van my om selibaat te bly die res van my lewe?”

“Jy het geweet wie ek was,” antwoord hy. “Nietemin het jy gekies om met my te trou. Jy het mag gekies, nie liefde nie. Moenie optree asof jy verbaas is nie.”

“Ons huwelik was gereël,” antwoord sy. “Ek het niks gekies nie.”

“Maar jy het ook nie protesteer nie.” antwoord hy.

Gareth het nie die energie om vandag met haar te stry nie. Sy was ‘n nuttige insetsel, sy handpop vrou. Hy kon haar verdra, en sy kon nuttig wees per geleentheid---so lank as wat sy hom nie te veel irriteer nie.

Gareth kyk met uitsonderlike sinisme as almal omdraai om sy oudste suster dop te hou waneer sy by die paadjie afgelei word deur sy pa, die kreatuur. Die vermetelheid van hom—hy het die vermetelheid om hartseer te veins, vee ‘n traan af terwyl hy haar begelei. ‘n Akteur tot op die einde. Maar in Garteh se oë, was hy net ‘n mompelende dommerd. Hy kon homself nie voorstel dat sy pa enigsins egte hartseer voel om sy dogter te laat trou, wie hy per slot van sake, vir die wolwe van die McCloud koninkryk gooi nie. Sy was ook net agter mag aan. Koudbloedig. Berekenend. Op die manier, was sy, van al sy broers en susters, die meeste soos hy. In seker opsigte kon hy verstaan, al het hulle nog nooit enige warmte tussen hulle gehad nie.

Gareth skuifel op sy voete, ongeduldig, wag dat dit tot ‘n einde moet kom.

Hy ly deur die seremonie. Argon voorstaan oor die seëninge, dra die voorsegdes op,en voer die rituele na. Dit was alles ‘n front, en dit maak hom siek. Dit was net die voeging van twee families vir politieke redes. Hoekom kon hulle dit nie net noem wat dit was nie?

Vinnig genoeg was dit verby, dankie vader. Die skare rys op in ‘n luide gejuig waneer die twee soen. ‘n Groot horing word geblaas, en die perfekte orde van die troue is onmiddelik absolute chaos. Die koninklike familie baan hulle weg af by die paadjie in die rigting van die onthaal area.

Selfs Gareth so sinies as wat hy was, was beindruk toe hy dit aanskou; sy pa het dié keer geen koste ontsien nie. Voor hulle uitgestrek was alle soorte tafels, feeste, vate wyn, ‘n eindelose hoeveelheid braai varke, skape en lammers.

Agter hulle, was hulle besig met die hoof gebeurtenis: die spele. Daar was teikens wat voorberei word vir klipgooi, spies gooi, boogskuttery--- en die middelpunt, die toernooi laan. Alreeds was die massas daar omgekoek.

Skares was reeds besig om pad te maak vir die ridders aan beide kante. Vir die MacGils, eerste om binne te kom, natuurlik, was Kendrick, op sy perd en toegerus in wapenrusting, gevolg deur dosyne van die Silwer. Maar dit was nie totdat Erec arriver. Wat uitstaan van die ander met sy wit perd, dat die skare stil raak uit eerbied. Hy was soos n magneet vir aandag; selfs Helena leun vorentoe, en Gareth kom haar wellus agter vir hom, soos al die ander vrouens.

“Hy is amper verby die verkiesde ouderdom, steeds is hy nie getroud nie. Enige vrou in die koninkryk sal met hom trou. Waarom kies hy nie een van ons nie?”

“En wat gee jy om?” vra Gareth, hy voel jaloers, ten spyte van homself. Hy wou ook daar wees in wapenrusting, op ‘n perd, in die toernooi deelneem vir sy pa se naam. Maar hy was nie ‘n vegter nie. En almal het dit geweet.

Helena ignoreer hom met ‘n neerhalende waai van haar hand. “Jy is nie ‘n man nie,” sê sy, neerkyk in haar stem.” Jy verstaan nie hierdie dinge nie.”

Gareth bloos. Hy wil iets terug sê, maar nou was nie die tyd nie. Hy vergesel haar eerder waneer sy haar sitplek inneem op die pawiljoene saam met die ander om die dag se feestelikhede dop te hou. Die dag is besig om van sleg na slegter te word, en Gareth voel alreeds ‘n gat in sy maag. Dit gaan ‘n baie lang dag wees, ‘n dag van eindelose ridderlikheid, prag en voorgee. Van manne wat mekaar wond of mekaar doodmaak. ‘n Dag waarby hy total uitgesluit is. ‘n Dag wat alles wat hy gehaat het verpersoonlik.

Terwyl hy sit, broei hy. Hy wens in die stilligheid dat die dag se feestelikhede sou ontaard in ‘n volskaalse oorlog, dat daar volskaalse bloedbad voor hom kom, dat alles wat goed was omtrent die plek vernietig word, geskeur aan flardes.

Eendag sal hy sy sin kry. Eendag sal hy Koning wees.

Eendag.

HOOFSTUK AGT

Thor het sy bes gedoen om tred te hou met Erec se edelman, haastig om in te haal terwyl hy sy weg weef deur die massas. Dit was so 'n warrelwind sedert die arena, kon hy skaars verwerk wat rondom hom gebeur. Hy was nog bewend binne, kan nog steeds nie glo hy is aanvaar in die Legioen, en dat hy benoem was as die tweede edelman van Erec.

“Ek het jou gesê seun—bly by!” beveel Feithgold.

Thor hou nie daarvan om “seun,” genoem te word nie, veral aangesien die edelman skaars ‘n paar jaar ouer as hy was nie, Feithgold dartel in en uit die skare, amper asof hy probeer om Thor te verloor.

“Is dit altyd so vol hier?” roep Thor, en probeer om in te haal.

“Natuurlik nie!” Skree Feithgold terug. “Vandag is dit nie aleenlik die somer sonstilstand nie, die langste dag van die jaar, maar ook die dag wat die Koning gekies het as sy dogter se troudag-- die enigste dag in die geskiedenis het ons ons deure oopgemaak vir die McClouds. Daar was nog nooit so 'n skare hier as nou. Dit is sonder weerga. Ek het dit nie verwag nie! Ek vrees dat ons sal laat wees!”, antwoord hy, alles in 'n haas, terwyl hy jaag deur die skare.

"Waarheen is ons op pad?" het Thor gevra.

"Ons gaan om te doen wat elke goeie Edelman doen! Deur te help om ons ridder voor te berei"

"Voorberei vir wat?" Thor gedruk, byna uitasem. Dit is warmer by die minuut, en hy vee die sweet van sy voorkop af.

"Die koninklike toernooi!"

Hulle het uiteindelik die rand van die skare bereik en stop voor 'n koning se wag, wat Feithgold herken en beduie na die ander om hulle te laat deurkom.

Hulle glip onder 'n tou deur en trap in 'n oopte, vry van die massas. Thor kon dit skaars glo; daar naby, was die toernooi lane. Agter die toue staan skares toeskouers, en op en af in die vuil lane staan groot oorlogs perde---die grootste wat Thor nog ooit gesien het---met ridders op hulle wat in alle soorte wapenrustings uitgevat is. Gemeng onder die Silwer was ridders van regoor die twee koninkryke, van elke provinsie, sommige in swart wapens, ander in wit, dra helms en bedek met wapens van elke vorm en grootte. Dit het gelyk asof die hele wêreld op hierdie toernooi lane neergedaal het.

Daar was reeds 'n paar kompetisies aan die gang, ridders van plekke wat Thor nie herken storm mekaar, klinkende lanse en skilde, altyd gevolg deur 'n kort aanmoediging van die skare. Van naby, kon Thor nie glo watse krag en spoed die perde, die geluid van die wapens gemaak het nie. Dit was 'n dodelike kuns.

"Dit lyk amper soos 'n sport!" sê Thor vir Feithgold terwyl hy hom volg langs die omtrek van die lane.

"Dit is omdat dit nie is nie," skree Feithgold terug, oor die geluid van 'n klang. "Dit is 'n ernstige saak, verbloem as 'n spel. Mense sterf hier, elke dag. Dit is 'n geveg. Die mense wat ongedeerd wegloop is gelukkig. Hulle is maar eil gesaai.”

Thor kyk op waneer twee ridders mekaar storm en bots op volle spoed. Daar was 'n vreeslike slag van metaal op metaal, toe vlieg een bo van sy perd af en beland op sy rug, net meters van Thor af. Die skare snak. Die ridder beweeg nie, en Thor sien 'n stuk van 'n hout steel steek in sy ribbes, sy wapenrusting deurboor. Hy het uitgeroep in pyn en bloed stroom uit sy mond. Verskeie edelmanne haarloop om hom te help, en sleep om oor die veld. Die wen ridder paradeer stadig, hou sy lans omhoog tot die juiging van die skare.

Thor was verbaas. Hy het homself nie voorgestel dat die sport so dodelik kon wees nie.

"Wat daardie seuns nounet gedoen het---dit is nou jou werk," sê Feithgold. "Jy is nou ‘n edelman. Om meer presies te wees, die tweede edelman.”

Hy stop en kom naby---so naby, Thor kon sy slegte asem ruik.

"En moet jy dit nie vergeet nie. Ek antwoord aan Erec. En jy antwoord aan my. Jou werk is om my te help. Verstaan jy? "

Thor knik terug, probeer nog steeds om dit alles te neem. Hy het dit alles anders voorgestel in sy kop, en weet nog steeds nie presies wat vir hom voorlê nie.. Hy kon voel hoe bedreig Feithgold was deur sy teenwoordigheid, en het gevoel dat hy 'n vyand gemaak het.

"Dit is nie my bedoeling om in te meng met jou as Erec se edelman nie," sê Thor.

Feithgold laat 'n kort, spottend lag uit.

"Jy kan nie inmeng met my nie seun, selfs al probeer jy. Bly net uit my pad en doen soos ek vir jou sê.” Met dit, draai Feithgold om en draf af met 'n reeks van draaiende paaie agter die toue. Thor volg so goed as wat hy kon, en gou bevind hy homself in 'n labirint van stalle. Hy loop af in 'n smal gang, al rondom hom pronk oorlogsperde, met edelmanne wat hulle senuweeagtig versorg. Feithgold kolk en draai en kom uiteindelik tot stilstand voor 'n reuse, pragtige perd. Thor trek sy asem in. Hy kon skaars glo iets so groot en mooi was werklik, en dit dit moontlik kon wees om agter ‘n heining gehou kon word. Dit lyk gereed vir oorlog.

"Warkfin," sê Feithgold. "Erec se perd. Of een van hulle---die een wat hy verkies vir toernooie. Nie 'n maklike dier in toom te hou. Maar Erec het daarin geslaag. Maak die hek oop,” beveel Feithgold.

Thor het na hom gekyk, verbaas, dan kyk dan terug na die hek, probeer om te sien hoe dit werk. Hy tree na vore, trek 'n pen tussen die stroke, en niks gebeur nie. Hy trek harder totdat dit beweeg, en liggies swaai hy die hout hek oop.

Die sekonde nadat hy dit gedoen het, runnik Warknik, leun terug en skop die hout, skraap die punt van Thor se vinger. Thor ruk sy hand terug in pyn.

Feithgold lag.

"Dit is waarom ek gesê het moes jy dit oopmaak. Doen dit vinniger volgende keer, seun. Warkfin wag vir niemand nie. Veral jy.”

 

Thor was woedend; Feithgold werk reeds op sy senuwees, en hy kon skaars sien hoe hy hom sou kon verduur.

Hy maak die hout hekke vinnig oop, hierdie keer tree hy uit die weg van die perd se swaaiende bene.

"Moet ek hom uitbring?" vra Thor met angs, nie regtig gretig om die leisels te gryp as Warkfin stamp en stoot nie.

"Natuurlik nie," Feithgold gesê. "Dit is my rol. Jou rol is om hom te voed---waneer ek sê jy moet. En sy afval te graaf.”

Feithgold gryp Warkfin se leisels en begin om hom by die stalle af te lei. Thor sluk, hou hom dop. Dit was nie die inleiding wat hy in gedagte gehad het nie. Hy het geweet hy moes iewers begin, maar dit was vernederend. Hy het die oorlog en die heerlikheid en die stryd, opleiding en die kompetisie onder seuns sy eie ouderdom in sy kop afgespeel. Hy het homself nooit as 'n dienaar-in-wag gesien nie. Hy is besig om te wonder of hy die regte besluit geneem het.

Hulle het uiteindelik het die donker stalle verruil vir die helder lig van die dag, terug in die toernooi lane. Thor trek sy oë op skrewe oor die verandering, en is 'n oomblik oorweldig deur duisende mense juigend, die geraas van die opponerende ridders as hulle bots met mekaar. Hy het nog nooit so 'n klang van metaal gehoor nie, en die aarde het gebewe van die perde se massiewe gewig.

Oral was dosyne ridders en hul edelmanne, besig met voorbereiding. Edelmann poleer hul ridders se mondering, smeer wapens, gaan sale en bande na, en dubbel kontroleer wapens as ridders hul perde bestyg en wag vir hul name om genoem te word.

"Elmalkin!" roep ‘n omroeper uit.

‘n Ridder van 'n provinsie wat Thor nie herken, 'n breë man in rooi wapens, galop uit die hek. Thor draai om en het net betyds uit die pad gespring. Die ridder storm af in die smal baan, en sy Lans skuur die skild van 'n mededinger. Hulle kletter, die ander ridder se lans is getref en Elmalkin vlieg agteruit en beland op sy rug. Die skare juig.

Elmalkin het onmiddellik homself reggeruk, spring op sy voete, spin om 'n hand uit te reik na sy Edelman wat langs Thor gestaan het.

"My staf!" skree die ridder.

Die edelman langs Thor spring in aksie, gryp 'n staf van die wapens rak en naelloop uit in die rigting van die middelpunt van die baan. Hy hardloop na Elmalkin, maar die ander ridder het terug gesirkel en storm weer. Net voor die edelman hom bereik het om die staf te gee in sy meester se hand, het die ander ridder op hulle afgekom met ‘n donderslag. Die Edelman het nie vir Elmalkin betyds bereik nie. Die ander ridder het sy Lans na onder---en terwyl hy dit doen, het sy lans die Edelman se kop met ‘n sydelingse hou getref. Die edelman, steier van die hou, tol vining om en val neer in die grond, gesig eerste.

Hy het nie beweeg nie. Thor kon sien bloed stroom uit sy kop, selfs van hieraf, vlekkend in die vuil grond.

Thor sluk.

"Dit is nie 'n mooi gesig nie, is dit?"

Thor draai om en sien Feithgold staan langs hom, en staar terug.

"Staal jouself, seun. Dit is 'n geveg. En ons is reg in die middel van dit. "

Die skare het skielik stil geraak as die belangrikste toernooi baan geopen word. Thor kon die afwagting voel in die lug as al die ander toernooie gestop is in afwagting van hierdie een. Aan die een kant, kom Kendrick uit, op sy perd, Lans in die hand.

Aan die ander kant, sy teenstander, kom 'n ridder in die kenmerkende wapens van die McClouds.

"MacGils teen McClouds," fluister Feithgold vir Thor. "Ons is al in stryd met mekaar vir 'n duisend jaar. En ek twyfel of hierdie wedstryddit sal oplos. "

Elke ridder laat sak sy gesigsbeskermer, 'n horing blaas, en met 'n roep, storm die twee mekaar.

Thor was verstom oor hoeveel spoed hulle opgetel het voordat hulle oomblikke later bots met so 'n klang, dat Thor byna sy hande lig oor sy ore. Die skare snak as beide vegters van hulle perde af val.

Hulle het elkeen vinnig gespring om hul voete te vind en gooi hul valhelms af, dan kom hul edelmanne uitgehardloop om aan elkeen hulle kort swaarde te oorhandig. Die twee ridders skerm met alles wat hulle het. Om Kendrick te sien swaai en sny betower Thor: dit was 'n ding van skoonheid. Maar die McCloud was ook 'n goeie vegter. Heen en weer gaan hulle, put mekaar uit, nie een van die twee gee in nie.

Uiteindelik ontmoet hul swaarde in een ongelooflike kragmeting, en hulle klop mekaar se swaarde uit hul hande. Hulle edelmanne kom uitgehardloop, staf in die hand, maar waneer Kendrick reik vir sy staf, kom die McCloud se edelman van agter en slaan hom in die rug met sy eie wapen, die slag gooi hom op die grond, tot die geskokte uitroep van die skare .

Die McCloud ridder neem sy swaard, tree na vore, en korrel dit op Kendrick se keel, pen hom op die grond. Kendrick was met geen ander keuse gelaat nie.

"Ek gee oor!" skree hy.

Daar was 'n seëvierende gejuig onder die McClouds---maar 'n kreet van woede uit die MacGils.

"Hy verneuk!" Gil die MacGils.

"Hy verneuk! Hy verneuk! "Eggo 'n koor van kwaai roepe.

Die skare word kwater en kwater, en gou was daar so 'n koor van protes dat die skare begin om te versprei, en beide kante---die MacGils en McClouds---begin om mekaar te nader op voet.

"Dit is nie goed nie," sê Feithgold vir Thor, terwyl hulle op die kant staan en kyk.

Oomblikke later het die skare uitgebreek; houe is gegooi, en dit het ontaard in ‘n volle bakleiery. Dit was chaos. Mans swaai wilde houe, gryp mekaar in grepe, dryf mekaar tot op die grond. Die skare groei en die bakleiery dreig om op te blaas in 'n volskaalse oorlog.

‘n Horing blaas en wagte van beide kante marsjeer in, en kry dit reg om die skare te verbreek. Nog ‘n harder horing was geblaas, en stilte volg waneer Koning MacGil van sy troon af opstaan.

"Daar sal geen skermutselings wees vandag nie!" dreun hy uit in sy koninklike stem. "Nie op hierdie dag van viering nie! En nie in my hof nie! "

Stadig, het die skare tot bedaring gekom.

"As dit is 'n wedstryd is wat julle wil hê tussen ons twee groot families, sal dit beslis word deur 'n vegter, 'n kampioen, uit elke kant."

MacGil kyk na King McCloud, wat aan die ander kant sit, met sy gevolg.

"Ooreengekome?" MacGil geskree het.

McCloud staan plegtig.

"Ooreengekome!" Het hy bevestig.

Die skare juig aan beide kante.

"Kies jou beste man!" skree MacGil.

"Ek het reeds!" sê McCloud.

Uit die McCloud kant kom 'n formidabele ridder, die grootste man wat Thor nog ooit gesien het, gemonteer op sy perd. Hy lyk soos 'n rots, alles vleis, met 'n lang baard en 'n frons wat permanente gelyk het.

Thor voel beweging langs hom, en reg langs hom, kom Erec op, besteig Warkfin, en stap vorentoe. Thor sluk. Hy kon skaars glo dit gebeur alles rondom hom. Hy swel met trots vir Erec.

Daarna is hy oorweldig deur angs, as hy besef dat hy aan diens was. Na alles, hy was edelman en sy ridder was oppad om te veg.

"Wat doen ons?" vra Thor vir Feithgold in 'n haas.

"Staan net terug en doen wat ek jou vertel," het hy geantwoord.

Erec stap vorentoe in die toernooi laan, en die twee ridders bly daar, kyk na mekaar, hul perde trap in 'n gespanne nekslag. Thor se hart klop in sy bors as hy wag en kyk.

‘n Horing blaas, en die twee storm mekaar.

Thor kon nie die skoonheid en grasie van Warkfin glo nie---dit was soos om te kyk hoe 'n vis uit die see spring. Die ander ridder was groot, maar Erec was 'n grasieuse en gladde vegter. Hy sny deur die lug, sy kop laag, sy silwer wapens kabbelende, meer gepoleerd as enige wapens wat hy sy oë op gelê het.

Toe die twee manne ontmoet, hou Erec sy lans met perfekte doel en leun aan een kant. Hy het daarin geslaag om die ridder te klop in die middel van sy skild en terselfdertyd sy slag ontduik.

Die groot berg van 'n man tuimel agtertoe, op die grond. Dit was soos 'n rots landing.

Die MacGil skare juig as Erec verby gery kom, dan omdraai en terug kring. Hy lig sy gesig plaat en druk die punt van sy spies aan die man se keel.