Free

‘n Soeke van Helde

Text
From the series: Die Towenaar Se Sirkel #1
Mark as finished
Font:Smaller АаLarger Aa

HOOFSTUK VIER

Thor versteek homself in die hooi agter op ‘n wa terwyl dit pad af stoei op die landelike pad. Hy het sy weg gebaan na die pad gedurende die aand en ongeduldig gewag vir ‘n wa wat groot genoeg is sodat hy nie opgemerk word nie. Dit was toe reeds donker en die wa het stadig genoeg beweeg sodat hy kon spoed vang en agterop spring. Hy het binne-in die hooi beland en homself goed begrawe. Gelukkig het die bestuurder niks opgemerk nie. Thor was nie seker of die wa wel na die Koning’s Hof toe gaan nie, maar dit het in daardie rigting beweeg, en ‘n wa van dié grootte, en met dié merke, kon nie juis iewers anders oppad wees nie.

Terwyl Thor dwarsdeur die nag ry, bly hy wakker vir ure, hy dink na oor sy ontmoeting met die Sybold. En met Argon. Aan sy bestemming. Aan sy vorige tuiste, Sy moeder. Hy voel dat die heelal hom geantwoord het, hom vertel het dat hy ‘n ander bestemming het. Hy lê daar met sy hande gekruis agter sy kop, en staar op na die stêr belaaide naghemel, sigbaar deur die verflenterde seil. Hy kyk na die hemelruim, so helder, diie rooi sterre ver weg. Hy was opgewonde. Vir die eerste keer in sy lewe, was hy op ‘n reis. Hy weet nie waarheen nie, maar hy gaan. Een of ander manier gaan hy sy weg baan na die Koning’s Hof.

Wanneer Thor sy oë oopmaak, is dit oggend, die lig stroom deur, en hy besef hy het aan die slaap geraak. Hy sit vining orent, kyk om hom heen, baklei met himself omdat hy geslaap het. Hy moes meer versigtig wees---hy was gelukkig da thy nie ontdek was nie.

Die wa beweeg steeds, maar het nie meer so erg geskud nie. Dit kan net een ding beteken: ‘n beter pad. Hulle moet naby ‘n stad wees. Thor kyk af en sien hoe glad die pad was, geen rotse, slote, en bedek met fyn wit skulpies. Sy hart klop vinniger; hulle nader die Koning’s Hof.

Thor kyk agter by die wa uit en was oorweldig. Die onbesrispelike strate was belaai met aktiwiteit. Dosyne waens, van alle vorms and grotes en gelaai met allerhande goed, vul die strate. Een was belaai met pelse, n ander met matte, en ‘n ander met hoenders. Tussen hulle loop honderde verkopers, party lei beeste, ander dra mandjies bo-op hulle koppe. Vier mans dra ‘n bondel sy, terwyl dit gebalanseer is op pale. Daar was ‘n magdom mense, almal beweeg in dieselfde rigting.

Hy hoor ‘n harde geraas, die kruin van kettings, die kap van ‘n groot stuk hout, so sterk dat die aarde skud. Oomblike later kom ‘n ander geluid, van perdepote wat klik op hout. hy kyk af en besef hulle is besig om ‘n brug oor te steek; onder hulle is ‘n sloot. ‘n Valbrug.

Thor steek sy kop uit en sien die massiewe steen pilare, die gespeekte staal hek bokant hom. Hulle gaan deur die Koning se Hek.

Dit was die grootste hek wat hy nog ooit gesien het. Hy kyk na die speke, verwonderend dat indien hulle sou afkom, dit hom middeldeur sou sny. Hy merk vier van die Koning se Silwer op waar hulle die ingang bewaak, en sy hart klop vinniger.

Hulle gaan deur ‘n lang klip tonnel, en oomblikke later is die lug weer helder bo. Hulle was binne die Koning’s Hof.

Thor kon dit skaars glo. Daar was selfs meet aktiwiteit hier, indien moontlik---dit lyk soos duisende mense, almal malend in ‘n ander rigting. Daar was groot grasvelde, perfek gesny, met blomme wat oral bloei. Die pad word brëer, en aan die kante was stalletjies, verkopers en klip geboue. En tussen dit alles deur, die Koning se manne. Soldate, uitgerus in hulle wapenrustings. Thor is daar.

In sy opgewondenheid, gaan staan hy onwetend op; en terwyl hy opkom, op daardie oomblik stop die wa skielik, hy tuimel agteroor en val op sy rug in die strooi. Voor hy weer kon opkom, was daar ‘n geluid soos hout wat gesak word, en hy kyk op en sien ‘n kwaai ou man, bles, aangetrek in vodde en fronsend. Hy reik na binne, gryp Thor aan die enkels met sy benerige hande, en sleep hom uit.

Thor trek deur die lug, beland hard op sy rug in die grondpad, ‘n stofwolk om hom. Almal lag rondom hom.

“As jy weer op my wa ry, seun, kry jy boeie! Jy is gelukkig dat ek nie nou die Silwer ontbied nie!”

Die ou man draai om en spoeg, haas terug na sy wa en jag sy perde voort.

Skaam, kom Thor tot verhaal en staan op. Hy kyk om hom. Een of twee verbygangers giggel, maar Thor gluur hulle aan totdat hulle wegkyk. Hy vee die stof af en vryf sy arms; sy trots was gekrenk, maar nie sy lyf nie.

Hy herwin sy gees terwyl hy rond kyk, betower, en kom tot die besef dat hy dankbaar moet wees dat hy dit immers tot hier gemaak het. Noudat hy uit die wa was, kon hy vrylik rondkyk, en wat ‘n buitengewone gesig was dit nie: die hof strek so ver as wat die oog kon sien. In die middel was ‘n ongelooflike klip paleis, omring deur toringende, verskansde klip mure bekroon met bolwerke, en daar bo-op, oral patrolleer die Koning se weermag. Oral om hom was groen velde, perfek onderhou, klip plazas, fonteine, boom boorde. Dit was ‘n stad. En dit het oorstroom met mense.

Oral stroom alle soorte mense--- handelaars, soldate, hooggeplaastes---almal haastig. Dit neem Thor ‘n paar minute om tot die besef te kom dat daar iets spesiaal gaan gebeur. Terwyl hy aan drentel, sien hy voorbereidings---stoele wat reggesit word, ‘n altaar opgeslaan. Dit lyk asof hulle besig is om vir ‘n troue voor te berei. Sy hart mis ‘n slag waneer hy in die verte, n toernooi laan sien, met sy lang grond pad en halverings tou. Op ‘n ander veld sien hy soldate wat hulle spiese gooi na teikens ver weg; op ‘n ander sien hy boogskutters mik na strooi. Daar was ook musiek: harpe en fluite en simbale, menigte musikante want rond dwaal; en wyn, massiewe vate wat uitgerol word; en kos, die tafels besig om voor berei te word, feeste wat strek so ver as wat die oog kan sien, Dit was asof hy in die middel van ‘n groot viering aangekom het.

So betowerend as wat alles was, voel Thor ‘n dringendheid om die Legioen te vind. Hy was reeds laat, en hy moet himself nou gaan voorstel.

Hy haas hom na die eerste person wat hy sien, ‘n ouer man, soos dit voorkom aan sy bloed-bevlekte hemp, ‘n slagter mag wees, wat pad af haas. Almal hier was haastig.

“Verskoon my, meneer,” sê Thor, terwyl hy die man se arm gryp. Die man kyk neerhalend af na Thor se hand.

“Wat is dit, seun?”

“Ek is opsoek na die Koning se Legioen. Weet jy waar kry hulle opleiding?” “Lyk ek vir jou soos n padkaart?” sis die man, en storm weg. Thor was stomgeslaan deur sy ongeskikdheid. Hy haas na die volgende person wat hy sien, ‘n vrou wat besig is om deeg te knie op ‘n lang tafel. Daar was veskeie vroue by die tafel, almal druk besig, en Thor reken dat een van hulle behoort te weet.

“Verskoon my, juffrou,” praat hy. “Weet jy waar die Koning se Legioen opleiding kry?” Hulle kyk na mekaar en giggel, sommige van hulle nie veel ouer as hy nie.

Die oudste een draai en kyk na hom.

“Jy kyk op die verkeerde plek,” sê sy. “Hier is ons besig met voorbereidings vir die feesvieringe.”

“Maar daar is vir my gesê dat hulle in Koning’s Hof oplei,” sê Thor, deurmekaar.

Die vrouens lag weer. Die oudste sit haar hande op haar heupe en skud haar kop. “Jy tree op asof jy vir die eerste keer in Koning’s Hof is. Het jy enige idee hoe groot dit is?” Thor word rooi as die ander vrouens lag, dan storm hy weg. Hy het nie daarvan gehou as mense ‘n bespotting van hom maak nie.

Voor hom sien hy ‘n dosyn paaie, kronkelend and draaiend in alle rigtings deur die Koning se Hof. Uitgebrei in die klip mure was ten minste ‘n dosyn ingange. Die grote en omtrek van die plek was oorweldigend. Hy kry ‘n sinkende gevoel da thy sou soek vir dae en steeds niks vind nie.

Dan kry hy ‘n idee: ‘n soldaat sal vesreker weet waar die ander opgelei word. Hy was senuweeagtig om ‘n regte Konings soldaat te nader, maar besef dat hy moet.

Hy draai om en haas na die muur, na die soldaat wat wagstaan by die naaste ingang, hopend dat hy hom nie sal uitgooi nie. Die soldaat staan penporent, en kyk reguit vorentoe. “Ek is opsoek na die Koning se Legioen,” sê Thor, in sy braafste stem.

Die soldaat staar steeds voor hom, en ignoreer hom.

“Ek sê ek is op soek na die Koning se Legioen!” dring Thor aan, harder, vasbeslote om van notisie geneem te word.

Na etlike sekondes, kyk die soldaat af, smalend.

“Kan jy my sê waar dit is?” druk Thor voort.

“En wat is jou besigheid met hulle?”

“Baie belangrike besigheid,” sê Thor, hopend dat die soldaat hom nie daarop druk nie.

Die soldaat draai weer terug na sy posisie om vorentoe te kyk en ignoreer hom weer. Thor voel sy hart sak, bevrees dat hy nooit ‘n antwoord sal ontvang nie.

Maar na wat soos ‘n ewigheid gevoel het, antwoord die soldaat: “Vat die ooselike hek, dan gaan in ‘n noordelike rigting so ver as wat jy kan. Vat dan die derde hek aan die linkerkant, dan met die vurk regs, en weer regs met die vurk daarna. Dan gaan jy deur die tweede klip boog, en hulle grond is anderkant die hek. Maar ek vertel jou, jy mors jou tyd. Hulle vermaak nie besoekers nie.”

Dit was al wat Thor wou hoor. Sonder om ‘n slag te mis, draai hy om en hardloop oor die veld, hy volg die aanwysings, herhaal dit in sy kop, probeer om dit te memoriseer. Hy let op dat die son hoer is in die lug, en bid dat wanneer hy daar aankom, dit nie alreeds te laat sal wees nie.

*

Thor naêl oor die onberispelike, skulp-bestrooide paadjies, kronkelend en draaiend baan hy sy weg deur die Konings Hof. Hy probeer sy bes om die aanwysings te volg, en hoop hy is nie op ‘n dwaalspoor gestuur nie. Aan die ver punt van die binnehof, sien hy al die hekke en kies die derde een. Hy hardloop deur en volg die vurke, draai af paadjie na paadjie. Hy hardloop teen die verkeer, duisende mense wat by die stad instroom, die skares word digter by die minuut. Hy skuur skouers met harp spelers, jongleurs, hofnarre, en alle soorte vermakers, almal uitgevat in fyn drag.

 

Thor kon nie die gedagte verduur dat die seleksie sonder hom begin nie, en probeer sy bes om te konsentreer as hy draai van een pad na die ander, op die uitkyk na enige teken van die opleidings gronde. Hy gaan deur ‘n boog, draai af in ‘n ander pad, en dan in die verte, sien hy wat net sy bestemming kon wees: ‘n klein kolosseum, ‘n steen gebou wat in ‘n perfekte sirkel gebou is. Soldate staan wag by die massiewe hek in die middel. Thor hoor die gedempte juiging agter die nure en sy hartklop versnel. Dit was die plek.

Hy hardloop vinnig, sy longe wil bars. Toe hy die hek bereik, beweeg die twee wagte vorentoe en laat sak hulle lanse, en blokkeer hom. ‘n Derde wag stap na vore en hou sy hand orent.

“Stop daar,” beveel hy.

Thor stop, uitasem, hy kon skaars sy opgewondenheid bedwing.

“Julle… verstaan…nie,” blaas hy, met die woorde tuimelend tussen asemteue, “Ek moet binne wees. Ek is laat.”

“Laat waarvoor?”

“Die seleksie.”

Die wag, ‘n kort, swaar man met ‘n pokgemerkte vel, draai om en kyk na die ander, wat sinies terug staar. Hy draai om en hou Thor met ‘n neerhalende kyk dop.

“Die rekrute was ure gelede hier in, met die koninklike vervoer. As jy nie genooi was nie, mag jy nie binne kom nie.”

“Maar jy verstaan nie. Ek moet---“

Die wag reik uit en gryp Thor aan sy hemp.

“Jy verstaan nie, jou dwase klein seuntjie. Hoe durf jy dit waag om hierheen te kom en jou weg hier te probeer in forseer? Nou gaan weg—voor ek boeie aan jou sit.” Hy stamp Thor weg, en hy strompel ‘n paar meter agteruit. Thor voel die brand van die wag se hand op sy bors---maar meer as dit, voel hy die brand van verwerping. Hy was verontwaardig. Hy het nie al die pad hierheen gekom om weggestuur te word deur ‘n wag, voordat hy enigiemand kon sien nie. Hy was vasbeslote om in te kom. Die wag draai terug na sy manne, en Thor stap stadig weg, en loop kloksgewys om die ronde gebou. Hy het ‘n plan. Hy loop totdat hy buite sig is, en begin draf, skelm baan hy sy weg teen die mure langs. Hy het seker gemaak dat die wagte nie kyk nie, en tel spoed op totdat hy vining hardloop. Toe hy halfpad om die gebou is, sien hy ‘n ander opening na die arena---hoog bo was geboogte opening in die klip, geblokkeer met dik staal pype. In een van hierdie openinge was die staal pype vermis. Hy hoor ‘n ander brul, lig himself op die rand, en kyk.

Sy hartklop versnel. Uitgesprei binne die massiewe, ronde opleiding grond was dosyne rekrute---sy broers ingesluit. In ‘n ry, staan hulle voor ‘n dosyn van die Silwer. Die Koning se manne loop in hulle midde, besig om hulle op te som.

Nog ‘n groep rekrute staan eenkant, onder die waaksame oog van ‘n soldaat, gooi hulle spiese na ‘n veraf teiken. Een van hulle gooi mis.

Thor se are brand van verontwaarding. Hy sou daardie teikens geraak het, hy was net so goed soos enigeen van hulle. Net omdat hy jonger was, ‘n bietjie kleiner was, dit was nie regverdig dat hy uitgelaat was nie.

Skielik voel Thor ‘n hand op sy rug en hy word terug geruk en vlieg deur die lug. Hy beland hard op die grond, winduit.

Hy kyk op en sien dit is die wag van die hek, wat smalend op hom neerkyk.

“Wat het ek vir jou gesê, seun?”

Voor hy iets kon doen, trek die wag los en skop Thor hard. Thor voel die skerp hou in sy ribbes, terwyl die wag terug trek vir ‘n tweede skop.

Hierdie keer, gryp Thor die wag se voet terwyl hy halfpad in die lug is; hy ruk, gooi die wag van balans af en hy val.

Thor kom vining terug op sy voete. Terselfertyd, kom die wag ook orent. Thor staar na hom, geskok deur wat hy sopas gedoen het. Oorkant hom is die wag briesend.

“Ek gaan jou nie net boei nie,” sis die wag, “maar ek gaan jou laat boet. Niemand raak aan ‘n Koning se wag nie! Vergeet daarvan om by die Legioen aan te sluit--- nou gaan jy tot niet gaan in die kerker. Jy sal gelukkig wees as jy ooit weer gesien word!”

Die wag trek aan ‘n ketting met ‘n boei aan die einde. Hy kom nader aan Thor, wraak op sy gesig.

Thor se gedagtes jaag. Hy kon nie toelaat dat hy geboei word nie---nietemin wil hy nie ‘n lid van die Koning se Wagte seermaak nie. Hy moet aan iets dink—en vinnig ook.

Hy onthou sy slinger. Sy refleksies nee moor as hy dit gryp, ‘n klip insit, mik, en dit laat vlieg.

Die klip trek deur die lug en slaan die boeie uit die hande van die stomgeslaande wag; dit tref ook die wag se vingers. Die wag trek sy hand terug en skud sy hand, roep uit in pyn, terwyl die boeie op die grond neer kletter.

Die wag gee vir Thor ‘n kyk wat dood beteken, en trek sy swaard uit sy skede. Dit kom uit met ‘n kenmerkende, metaal klank.

“Dit was jou laaste fout,” dreig hy gevaarlik, en storm.

Thor het nie ‘n keuse nie; die man wil hom eenvoudig net nie uitlos nie. Hy sit ‘n ander klip in sy slinger en gooi. Hy mik doelbewus---hy wou nie die wag doodmaak nie, maar moes hom keer. In plaas daarvan om te mik vir sy hart, neus, oog, of kop, mik Thor na die een plek wat hy weet die man sal stop, maar nie dood maak nie.

Tussen die wag se bene.

Hy laat die klip vlieg---nie teen volle krag nie, net genoeg om die man neer te laat.

Dit was ‘n perfekte skoot.

Die wag buig dubbel, laat val sy swaard, gryp sy lies as hy op die grond neerval en in ‘n bal opkrul.

“Jy sal hang hiervoor!” hy grom tussen die pyn kreune deur. “Wagte! Wagte!”

Thor kyk op en sien van ‘n afstand hoe etlike van die Koning se wagte nader hardloop.

Dit was nou of nooit.

Sonder om nog ‘n oomblik te mors, hardloop hy na die venster bank. Hy sou moes deur spring, in die arena in, en mense van hom bewus maak. En hy is bereid om met enigiemand wat in sy pad staan, te veg.

HOOFSTUK VYF

MacGil sit in die boonste saal van sy kasteel, in sy intieme ontmoetings saal, die een wat hy gebruik vir persoonlike sake. Hy sit op sy intieme troon, die een is uit hout gekerf, en kyk na vier van sy kinders wat voor hom staan. Daar was sy oudste seun, Kendrick, op vyf en twintg jaar is hy ‘n goeie vegter en ware heer. Dit was hy, uit all sy kinders, wat die meeste soos MacGil was--- wat ironies was, aangesien hy buite-egtelik was, Macgil se enigste oortreding by ‘n ander vrou, ‘n vrou wat hy lank reeds vergeet het. MacGil het Kendrick grootgemaak met sy ander kinders, ten spyte van sy Koningin se aanvanklike protesteering, op die kondisie dat hy nooit die troon mag bestyg nie. Dit is nou pynlik vir MacGil, aangesien Kendrick die beste man was wat hy nog ooit geken het, ‘n seun waarop hy trots is. Daar kon nie ‘n beter opvolger wees vir die koninkryk nie.

Langs hom, in skrille kontras, staan sy tweede-gebore seun---nietemin sy eersgebore wettige seun---Gareth, drie en twintig, maer, met uitgeholde wange en groot bruin oë, wat altyd rond flits. Sy karakter kon nie meer anders wees as sy ouer broer sin nie. Garteh se heaaardheid was alles wat Kendrick s’n nie was nie: waar sy broer reguit was, het Gareth sy gevoelens versteek; was sy broer trots en eerbaar was, was Gareth oneerlik en bedrieglik. Dit was vir MacGil pynlik om nie van sy eie seun te hou nie, en hy het baie keer probeer om die kind se geaardheid te verander; maar gedurende ‘n tydperk in die seun se tiener jare, het hy desef dat sy geaardheid voorafbestem was; skelm, mag-soekend en ambisieus in alle verkeerde sin van die woord. Gareth, dit weet MacGil, hou niks van vrouens nie, en het al baie manlike minnaars gehad. Ander konings sou so ‘n seun verwerp het, maar MacGil was meer wêreldswys, en vir hom was dit nie ‘n verskoning om nie vir hom lief te wees nie. Hy het hom nie daaroor geoordeel nie. Waarvoor hy hom wel veroordeel was vir sy donker, skelm geaardheid, wat iets was wat hy nie kon oorsien nie.

Langs Gareth staan MacGil se tweede-gebore dogter, Gwendolyn. Sy het sopas sestien geword, en was een van die mooiste meisies wat MacGil nog ooit gesien het--- met ‘n geaardheid wat selfs haar skoonheid oortref het. Sy was saggeaard, vrygewig en eerlik---die beste jong meisie wat hy ooit geken het. In hierdie opsig was sy baie soos Kendrick. Sy kyk na Macgil met ‘n dogter se liefde vir ‘n pa, en hy het nog altyd haar lojaliteit aangevoel met elke kyk. Hy was selfs nog trotser op haar as op sy seuns.

Langs Gwendolyn staan MacGil se jongste seun, Reece, ‘n trotse en begeesterde jong mannetjie, wie op veertien, nou eers besig was om man te word. MacGil het met groot plesier sy inisiasie dopgehou met die opname vir die Legioen, en kon alreeds die man sien wat hy eendag gaan word. Eendag, daaraan het MacGil geen twyfel nie, sal Reece sy beste seun wees, en ‘n goeie heerser. Maar daardie dag was nie nou nie. Hy was nog te jonk, en het nog baie om te leer.

MacGil het gemengde gevoelens as hy hierdie vier kinders bestudeer, sy drie seuns en sy dogter, wat voor hom staan. Hy voel trots gemeng met teleurstelling. Hy voel ook woede en ergenis, vir die twee kinder swat nie daar was nie. Die oudste, sy dogter Luanda, was natuurlik besig om voor te berei vir haar eie troudag, en aangesien sy in ‘n ander koninkryk gaan introu, het sy geen belang in die deelname om oor opvolgers te praat nie. Maar sy ander seun, Godfrey, op agtien, die middelste kind, was nie teenwoordig nie. MacGil word rooi van die vernedering.

Vandat hy ‘n jong seun was, het Godfrey groot disrespek getoon teenoor die koningskap; dit was altyd duidelik dat hy nie daarin belang gestel het nie en ook nooit sal heers nie. En MacGil se grootste teleurstelling, Godfrey het verkies om sy dae te verwyl in die bierhuise met ongelowige vriende, en altyd vir die koninklike familie groeiende skande en on-eer besorg. Aan die een kant, was MacGil verlig dat hy nie daar was nie, maar aan die ander kant was dit ‘n belediging wat hy nie kon verduur nie. In teendeel, was dit iets wat hy verwag het, en het reeds sy manne uitgestuur om die bierhuise te fynkam en hom hierheen te bring. MacGil sit in stilte, wag, tot hulle kom.

Die swaar eike deur gaan oop en die koninklike wagte masjeer in terwyl hulle Godfrey tussen hulle sleep. Hulle gee hom ‘n stoot, en Godfrey strompel die kamer binne wanner hulle die deur agter hom toeklap.

Sy broers en suster draai om en staar. Godfrey was slordig, stink na bier, ongeskeer, en half-aangetrek. Hy glimlag vir hulle. Onbeskaamd. Soos altyd.

“Hallo, Pa,” sê Godfrey. “Het ek al die pret gemis?”

“Jy sal saam met jou broers en suster staan en vir my wag om te praat. As jy nie, God moet my help, ek sal jou vasketting in die kerker met die res van die gewone gevangenes, en jy sal nie kos kry nie---nog minder bier---vir drie volle dae.”

Uitdagend, gluur Godfrey terug na sy pa. In daardie staar, tel MacGil ‘n diep bron van krag op, iets van homself, iets wat Godfrey eendag in die toekoms goed te staan mag kom. Bygesê, as hy ooit oor sy eie persoonlikheid kon kom.

Opstandig tot die bitter einde, wag Godfrey ‘n goeie tien sekondes voor hy uiteindelik toegee en na die ander toe slenter.

MacGil bestuudeer hierdie vyf kinders wat voor hom staan: die buite-egtelike, die afwykende, die dronklap, sy dogter, en sy jongste. Dit was ‘n vreemde mengsel, en hy kon skaars glo dat hulle van hom afkomstig was. En nou, op sy oudste dogter se troudag, het die taak op hom gerus om ‘n opvolger te kies uit die spul uit. Hoe was dit moontlik?

Dit was ‘n uitvoering van nutteloosheid; buitendien, hy was in sy fleur en kon nog heers vir ‘n verdere dertig jaar. Die opvolger wat hy nou kies, mag dalk nooit eers die troon bestyg vir dekades nie. Die hele tradisie steek hom dwars in die krop. Dit kon dalk relevant gewees het gedurende sy voorvaders se bewind, maar nie nou nie.

Hy maak sy keel skoon.

“Ons is vandag hier vergader oor ‘n erlating van tradisie. Soos julle weet, op hierdie dag, die dag van my oudste se troue, moet ek my opvolger benoem. ‘n Erfgenaam om oor die koninkryk te heers. Sou ek tot sterwe kom, is daar niemand beter om te heers as julle ma nie. Maar ons koninkryk se wet dikteer dat net ‘n koning mag regeer. Daarom, moet ek ‘n keuse maak.

MacGil skep asem, en dink. ‘n Swaar stilte hang in die lug, en hy kan die gewig van afwagting aanvoel. Hy kyk in hulle oë, en sien verskillende uitdrukkings in elkeen. Die buite-egtelike lyk aanvaarbaar, hy weet hy gaan nie gekies word nie. Die afwykende se oë was gloeiend met ambisie, asof hy as vanselfsprekend aanvaar dat di thy gaan wees. Die dronklap kyk by die venster uit, hy het nie omgegee nie. Sy dogter kyk liefdevol na hom, sy weet sy is nie deel van die bespreking nie, maar is nietemin lief vir haar pa. Dieselfde met sy jongste.

 

“Kendrick, ek het jou nog altyd gesien as ‘n ware seun. Maar die wette van ons koninkryk verbied my om die koningskap oor te dra aan enigeen wat nie volwaardig is nie.” Kendrick buig. “Vader, ek het nie verwag dat u dit sou doen nie. Ek is tevrede met my lot. Moet asseblief nie dat dit u volter nie.”

MacGil was geraak deur sy antwoord, aangesien hy kon aanvoel hoe opreg hy was en wou hom net nog graagter die opvolger maak.

“Dit laat die vier van julle. Reece, jy is ‘n goeie jong man, die beste wat ek ooit gesien het. Maar jy is te jonk om deel te wees van die bespreking.”

“Ek het dit vermoed vader,” antwoord Reece, met ‘n geringe buiging.

“Godfrey, jy is een van my wettige seuns---nietemin verkies jy om jou dae te mors in die bierhuise, met die gemors. Jy het al die voordele in die lêwe ontvang, nietemin mors jy alles op. As ek een groot teleurstelling in my leeftyd gehad het, was dit jy.”

Godfrey gryns terug, skuif ongemaklik rond.

“Goed so, dan reken ek. ek is klaar hier, en sal maar teruggaan na die bierhuis, nie waar nie, vader?”

Met ‘n vinnige, spottende buig, draai Godfrey om en stap windmakerig deur die vertrek.

“Kom terug!” MacGil is kwaad. “NOU!”

Godfrey stap windmakerig voort, ignoreer sy pa. Hy kruis die kamer en trek die deur oop. Daar staan twee wagte.

MacGil kook van woede terwyl die wagte hom vraend aankyk.

Maar Godfrey het nie gewag nie; hy stoot sy pad verby hulle, en uit in die oop saal.

“Hou hom aan!” skree MacGil. “En hou hom weg van die Koningin af. Ek wil nie sy ma belas met die sig van hom op haar dogter se troudag nie.”

“Ja, my Heer,” antwoord hulle, maak die deur agter hulle toe as hulle hom vining agterna sit.

MacGil sit daar, haal swaar asem, rooi in die gesig, en prober kalmeer. Vir die duisendste keer wonder hy wat hy verkeerd gedoen het om so ‘n kind te verdien.

Hy kyk terug na sy oorblywende kinders. Die vier van hulle kyk terug, wagtend in die swaar stilte. MacGil haal diep asem, en prober focus.

“Dit laat net twee van julle,” gaan hy aan.”En uit hierdie twee, het ek ‘n opvolger gekies.”

MacGil draai na sy dogter.

“Gwendolyn, dit sal jy wees.”

Daar was ‘n snak in die vertrek; sy kinders blyk om almal geskok te wees, meeste van almal Gwendolyn.

“Het u reg gepraat, Vader?” vra Gareth. “Het u gesê Gwendolyn?”

“Vader, ek is geëerd,” sê Gwendolyn. “Maar ek kan nie aanvaar nie. Ek is ‘n vrou.”

“Dis waar, ‘n vrou het nog nooit op die troon van die MacGils gesit nie. Maar ek het besluit dat dit tyd is om tradisie te verander, Gwendolyn, jy het van die beste brein en gees as menige jong vrou wat ek nog ooit ontmoet het. Jy is jonk, maar as die Here behoed, sal ek nie binnekort sterf nie, en as die tyd aanbreek, sal jy wys genoeg wees om te regeer. Die koninkryk sal joune wees.”

“Maar Vader!” Gareth skreeu, sy gesig wasbleek.” Ek is die oudste wettige seun! Nog altyd, in die hele geskiedenis van die MacGils, het die koningskap na die oudste seun gegaan!”

“Ek is Koning,” antwoord MacGil donker, “en ek dikteer tradisie.”

“Maar dit is nie regverdig nie!” pleit Gareth, sy stem klaend.”Ek is veronderstel om Koning te wees. Nie my suster nie. Nie ‘n vrou nie!”

“Hou jou tong dop, seun!” skreeu MacGil woedend.”Durf jy my oordeel bevraagteken?”

“Ek word dus oorgesien vir ‘n vrou? Is di twat u van my dink?”

“Ek het my keuse gemaak,” sê MacGil. “Jy sal dit respekteer, en dienswillig navolg, soos elke ander onderdaan van my koninkryk. Nou mag julle almal my verlaat.”

Sy kinders buig hulle hoofed vining en haas uit die vertrek uit.

Maar Gareth stop by die deur, hy kan homself nie so ver bring om te gaan nie.

Hy draai terug, en alleen vat hy sy pa aan.

MacGil kon die teleustelling op sy gesig sien. Duidelik het hy verwag om benoem te word vandag. Meer nog: Hy wou dit hê. Desperaat. Dit verbaas macGil nie in die minste nie---en dit was presies waarom hy dit nie vir hom gegee het nie.

“Waarom haat u my, Vader?” vra hy.

“Ek haat jou nie. Ek dink net nie jy is geskik om my koninkryk te regeer nie.”

“En hoekom nie?” druk Gareth voort.

“Want dit is presies wat jy wil hê.”

Gareth se gesig raak al die skakerings van rooi. Duidelik, het MacGil hom insig gegee tot sy diepste wese. MacGil hou sy oë dop, sien hoe hulle brand met haat vir hom wat hy nooit gedink het moontlik was nie.

Sonder ‘n verdere woord, storm Gareth uit die vertrek en slaan die deur agter hom toe.

In die weergalmde eggo, sidder MacGil. Hy onthou sy seun se staar en het ‘n haat aangevoel, baie diep, dieper selfs as enige van sy vyande. Op daardie oomblik dink hy aan Argon, aan sy bekendmaking, van gevaar wat naby was.

Kon die gevaar so naby wees?